Jaarboeke

Groepsgebaseerde psigoterapie 903


 
Modulekode PSP 903
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Die module fokus op leeswerk oor groepsanalise wat ‘n breë veld van paradigmas verteenwoordig. Hedendaagse ontwikkelings in die velde van die kleingroep, terapiegroep, paargroep en die organisatoriese konteks sal ondersoek word. Kliniese materiaal sal gebruik word om die terapeutiese implikasies en tegniese aspekte van intervensie te ondersoek.
Modulekrediete 50.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 webgebaseerde periode per week, 1 praktiese sessie per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Sielkunde
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences